Vrae wat dikwels gevra word (FAQ)

Kan ek my boek in sagtebandformaat uitgee?

Ja. Amazon gee ons die opsie om jou boek òf in e-boekformaat òf as sagteband uit te gee. Die sagteband is vanselfsprekend duurder, aangesien hulle hom op papier moet druk. (Duh! — soos my kleindogter sou sê).  Ons het tans verskepingsprobleme met sagtebande van Amerika af, maar ons werk hard aan alternatiewe.

In watter formaat moet ek my boekomslag indien? (2 of 3-dimensioneel)

Jy het ‘n twee-dimensionele omslag (voorbeeld 1.) nodig om jou boek op Amazon.com te plaas. Met ander woorde, Amazon.com wil nie ‘n fopboek hê nie.  Fopboeke (2. en 3.) is prente van boeke wat soos foto’s van regte boeke lyk, maar wat met sagteware van die 2-D voorblad af gegenereer is. Ons gebruik fopboeke op Hasepad.com om ons lesers ‘n beter idee te gee van hoe die boek wat hulle bestel, gaan lyk.

1. ‘n Tweediminsionele boekvoorblad.
2. ‘n Driedimensionele fopboek (in hierdie geval op ‘n Kindle).
3. ‘n Driedimensionele sagteband fopboek.