Ons fooistruktuur

Hasepad Uitgewers bied ʼn spesiale pakket wat die volgende insluit: teksversorging, uitleg van jou manuskrip en die omslag van jou boek. Indien jy illustrasies verlang, kan ons jou daarmee ook help.

Amazon trek hulle druk- en verspreidingskoste af voordat hulle jou tantième uitbetaal. Hasepad het ʼn bankrekening in die VSA wat dit moontlik maak om jou tantième daar te ontvang. Ons hou 20% van die tantième terug om ons onkostes te dek, en laat die res akkumuleer totdat daar R500.00 is. Daarna word dit aan die skrywer uitbetaal. Hou in gedagte dat Amazon.com meer as 200 miljoen besoekers per dag kry. Daarom moet mens jou boeke relatief laer prys — dis beter om ʼn klomp klein bedraggies te kry as om niks te verkoop nie. Vertrou my, ek het probeer. Onthou, jy verdien dollars.

As jy enige vrae het, nooi ek jou hartlik uit om ’n e-pos aan Henning van Aswegen (henning@hasepad.com) te stuur.