Die Avonture van Spikkie en Spokie: Beste Maats
Vir kinders is eensaamheid nie aangenaam nie, maar die alternatief is 'n lekker verbeeldingsreis saam met Spikkie en Spokie en al hul avonture.
More info →Die Feetjies se Dansparty: En twintig ander stories vir kinders
Die stories word vertel deur die wyse Mossieman en sy boesemvriend, Geronkie die donkie en dié twee rakkers laat jou somtyds kopkrap en ander kere maag vashou van die lag. In 'Die feetjies se Dansparty' beleef kinders saam met Geronkie en Mossieman avonture en poetse waaraan hulle die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp, meesal met onvoorspelbare gevolge.
More info →Jakob Regop: en die woestynrosies
Hierdie humoristiese verhoogdrama speel af in 'n middelklas sekuriteitskompleks in die middel van die Oranje Vrystaat, Suid-Afrika se hartland. Dié drama krap lustig aan die tenger siel en pynlike selfbewustheid van die Afrikaner, meesal waar dit nie juk nie.
More info →Knorrige Ou Oom
Vir die korrelkoppe van hierdie ou wêreld wat op die harde manier die reg verdien het om gek te skeer met dinge en mense wat die lewens van Suid-Afrikaners aanraak. Almal loop onder knorrige ou oom se skerp tong deur - hoogmoediges, verwaandes, verdwaasdes en stompsinnige, rigtinglose regeringsamptenare.
More info →101 Slaaptydstories – Deel 1
Deel 1 van die reeks 101 Slaaptydstories oor die avonture van Mossieman en sy boesemvriend, Geronkie die donkie, laat jou somtyds kopkrap en ander kere maag vashou van die lag. In 101 Slaaptydstories beleef ons saam met dié twee rakkers avonture en poetse waaraan hulle die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp, meesal met onvoorspelbare gevolge.
More info →101 Slaaptydstories – Deel 2
Deel 2 van die reeks 101 Slaaptydstories oor die avonture van Mossieman en sy boesemvriend, Geronkie die donkie, laat jou somtyds kopkrap en ander kere maag vashou van die lag. In 101 Slaaptydstories beleef ons saam met dié twee rakkers avonture en poetse waaraan hulle die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp, meesal met onvoorspelbare gevolge.
More info →101 Slaaptydstories – Deel 3
ʼn Onbenullige dorpie kan jy sê, maar dit is waar ek en my boesemvriende, die slimme Mossieman en lojale Geronkie die donkie langs die magtige Sandrivier grootgeword het.
More info →101 Slaaptydstories – Deel 4
ʼn Onbenullige dorpie kan jy sê, maar dit is waar ek en my boesemvriende, die slimme Mossieman en lojale Geronkie die donkie, langs die Sandrivier grootgeword het.
More info →101 Slaaptydstories – Deel 5
Deel 5 van die reeks 101 Slaaptydstories oor die avonture van Mossieman en sy boesemvriend, Geronkie die donkie, laat jou somtyds kopkrap en ander kere maag vashou van die lag. In 101 Slaaptydstories beleef ons saam met dié twee rakkers avonture en poetse waaraan hulle die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp, meesal met onvoorspelbare gevolge.
More info →God se Gunsteling
Urte sê: “Ons almal is God se gunsteling – Hy het ons almal ewe spesiaal gemaak. Jy moet dit nooit, ooit vergeet nie. Vertel vir al jou maats hoe spesiaal hulle vir God is."
More info →Pad na Kalif
Hy het ʼn belofte aan haar gemaak dat hy die lewe van die persoon sal neem, wat haar van hom af sou wegneem. Op die rug van ʼn kameel het sy haar pa deur die warm Saharawoestyn gevolg. Sy het die reis as jongmeisie begin en as vrou na haar land teruggekeer.
Die kinderboekskrywer Helena Lochner, is romanskrywer Anna Schonfrucht se inspirasie vir haar hartstogtelike verhaal van ʼn jong meisie se soeke na liefde in die Saharawoestyn. “Die ruwe krag van woestyne, berge, riviere en die see as palet vir menslike emosies, het nog altyd my belangstelling gaande gemaak. Pad na Kalif is ʼn ode aan die Sahara en sy mense."
Lewenssketse: ‘n Digbundel
Die gedigte is ook ryk aan metafore, waarin die see, die aarde, die liefde en die dood sterk figureer.
More info →Kant: ‘n Toneelstuk uit die Anglo-Boereoorlog
More info →"I appeal to the Government for the sake of the children who are passing away like so many little faded flowers in South Africa. Their people, who watch them die, will be the enemies of this country to all eternity unless we reverse this policy."
— Herbert Lewis, Lid van die Opposisie in die Britse House of Commons
Yesu’s Baboon
E-book: $4.99, Paperback: $15.99, Hardcover: $27.99
The judgment of Koyati, a poor herdboy from a remote village in Tanzania, is often clouded, as if he were a crocodile lurking under muddy waters.
Roll Your Rock
The mythological character Sysiphus was condemned to roll a heavy rock up a steep hill. Every time he got to the top of the hill, his strength would give out and the rock would roll right back down to the bottom. Doesn’t life feel like this sometimes? That rock is often not taken away from us, because we live in a world that is full of sin and evil. Mostly we simply don't know why the burden was placed upon uis. But Christians know that God can lend you His strength when yours is gone. In this book I have collected 100 devotions that — and this is my prayer — could make that heavy burden a little bit lighter.
Turn to God for strength and inspiration by meditating on His Word and praying.
When you're ready, He will take your rock away.
More info →Arrow of God
This is a collection of theological essays about the people who, through the ages, have woven the rich tapestry of what we believe today. I write about Job's rebellion against God; the countless miles traveled by Paul and his companions; Augustine's struggle against the Donatists — about a host of theologians, reformers, and reprobates who formed our spiritual world.
More info →10 Pebbles for a Sling
In the Bible story of how the young shepherd boy David killed Goliath, the Philistine Giant, we learn that David selected five pebbles to put in his pouch. He took one of them, put it in his sling, swung his sling, and brought the giant down.
We all face giants in our life. Like Goliath, they have names — I have faced a brute named Chronic Pain; you may be up against a particularly nasty one called Cancer; others face Loneliness, Addiction, Financial Troubles, Family Discord, Divorce, Loss of a Loved One — the list of Philistines goes on and on. The one as nasty as the next.
So God arms us with prayer.
Each sincere prayer we pray is like one of David’s pebbles.
I pray that these ten short devotions will help you in your ongoing struggle to overcome the giant in your life.
"God arms us with prayer."
More info →The canned lion incident
When Jan du Plessis stopped on his farmyard after a business trip to Pretoria, he knew there was something wrong. There were too many of his neighbours' vehicles for a Tuesday afternoon. And there were too many men standing in front of the eight-foot fence of his lion enclosure.
More info →Kant: ‘n Toneelstuk uit die Anglo-Boereoorlog
Maar, soos met 'n stuk kant, is dit die gare rondom die gate wat die doilie so sterk maak.
Sheba
Saam beleef Wouter en Sheba menige avonture en deel hulle hoogte- en laagtepunte, lief en leed, soos net ‘n seun en sy hond kan. Wat gebeur as ʼn vreemde hond by jou agterdeur opdaag? Wouter en sy boesemvriend Dawie het gedink hul somervakansie gaan doodgewoon wees, maar toe Sheba opdaag, begin hul avontuur. Vind in ‘Sheba’ uit wat die twee seuns met Sheba en haar klein geskenkies aanvang.
More info →Al wat ek het, is Woorde
“Nee! Dit kan nie wees nie!” Die boksie val uit sy hande en hy hardloop in die gang af. Bang! Hy was nog nooit so bang in sy lewe nie. .Ddie bloed druis in Chris se ore. Elke beweging verg meer en meer inspanning. Hy draf al stadiger. Voor die deur staan hy stil. Sy keel trek toe. Elke asemteug pynig hom. Wat as ...?”
Al wat ek het, is WOORDE, is ‘n samestelling van kortverhale, gedigte en skryfsels deur Martelize Faber, wat nou vir die eerste keer saam in een bundel opgeteken is. Vir oud en jonk en almal.
Engel Harmse en die Renosterhoring
Dinge het nie vir Engel uitgewerk nie. In daardie wilde dae net voor die ANC oorgevat het, was hy op 'n bus vol polisiemanne op pad na 'n situasie waar daar agt aktiviste doodgeskiet sou word. Die nuwe regime het nie daarvan gehou nie, ten spyte van die feit dat die bus nooit by die toneel opgedaag het nie. Engel, 'n Speurder-sersant met twintig jaar ondervinding, meeste daarvan as ondersoekbeampte by sommige van die mees berugte misdaadtonele in Suid-Afrika se geskiedenis, is uit die Mag geboender sonder pensioen, sonder sy medaljes. Oneervol. En hy het gatskraap aan die tjoekie ontkom.
Dit was 'n donker tyd na sy ontslag. Toe gaan sit hy vir 'n week onder 'n boom voor 'n rondawel in die Soutpansberg en figure uit wat om te doen. En met worstelinge en aanvegtinge, soos sy oorlede pa altyd gesê het, is hy deur die drif. Die Klipdrif.
Engel was 'n lewenslange ere-veldwagter van die Krugerwildtuin. Vir hom was die enigste pad wat oorgebly het, buiten die Drif en die Webley wat sy oupa van 'n Kakie afgeneem het, die een terug na sy eerste liefde – wildbewaring. Goed, die tweede een. Die eerste was steeds speurwerk. Maar speurder is nie iets wat jy doen nie; dis iets wat jy is.
Hy leen die rondawel vir nog 'n paar weke, leen geld vir kruideniersware en lidmaatskapfooie uit bronne waaraan hy nie te mooi wil dink nie, studeer eers net vir die basiese wildbewarings-sertifikasies, en laat 'n voëltjie los om in al sy ou kringe in Johannesburg te fluit dat hy beskikbaar is om sekuriteit te hanteer by enige wildreservaat in Suid-Afrika.
Een van sy ou 'kliënte,' Lovemore Sibanda, het destyds die owerhede oortuig – en miskien was dit waar – dat hy banke beroof het om die ou bestel tot 'n val te help bring. So het fortuine in daardie tyd gewissel: van tronkvoël tot eienaar van 'n ekslusiewe privaatwildtuin in Noord-Limpopo. Hy het ook seker maar 'n geldjie weggesit na een van sy rooftogte. Maak nie saak nie.
Die Makapan Game Reserve is naby Thohoyandou, die voormalige hoofstad van die voormalige tuisland, Bavenda. Nee wag, eintlik is dit nie naby Thohoyandou nie, dis naby boggerol. En dit is juis die probleem – die wildstropers dink dis hulle speelgrond. Lovemore is 'n hele lys van dinge, en Engel kan hulle vir jou op sy vingers aftel, maar stupid is nie een van hulle nie. In daardie groot kop van hom, blink soos 'n nuwe ghoen, het die man twee en twee bymekaargesit, en die antwoord was Engel Harmse se telefoonnommer. Hy kontak die één man wat die situasie kan hanteer. Die man wat hom destyds vir jare weggesit het.
En nou is Engel Harmse die hoofbewaarder van die MGR. En hy werk vir Givemore Sibanda. En weet jy wat? Dis oukei. Dis nog steeds beter as om sonder 'n toekoms in 'n rondawel in die Soutpansberg te sit.
Maar een ding is seker – Engel wil nooit weer iets met die polisie te doen hê nie. Hy kry 'n kramp op die krop van sy maag as hy 'n polisie-uniform sien. Sy vuis bal agter sy rug as hy met een van die nuwe snotkoppe moet praat. Aan die grootkoppe wil hy liewer nie dink nie. Nee wat, hy is klaar met dáárdie klomp.
Hy sal die renosterstropers self moet uitsorteer. Hy's juis lús vir hulle.
More info →Kaleidoskoop
Nostalgiese gedigte oor die lewe se soet en suur, maklik en moeilik, liefde en emosies - met ʼn gesonde skeutjie humor en satire. Santi Kruger se Kaleideskoop ontgin die lewe se bedekte skoonheid, vertolk weemoedigheid met humor en sien hier en daar die jammerte van die lewe raak. Haar gedigte ontbloot klein waarhede subtiel en maak die leser se lewe oneindig ryker.
More info →Woordslag
van ’n vreemde wese in die woestyn tot ’n man met ’n valskerm wat gesien word, maar nie gehoor nie; van ’n towerlegkaart wat ’n nuwe toekoms wys, tot by ’n romanse wat in Shakespeare se teater tot wasdom kom. Hierdie bundel belowe 'n warrelwindtoer een keer om die aarde en twee keer deur ’n stel alternatiewe realiteite wat jou woordeliks sal ráák slaat.
More info →Engela
Die aanhaling kom uit een van Nico se kortverhale in hierdie bundel. Hy kon nie sy eie skryfwerk beter beskryf het nie! Hy het die gawe om uit ‘n eenvoudige storielyn fantasie op te tower. Met fyn nuanses lok hy die leser om dieper te lees en emosies te ervaar as wat soms aardse, eenvoudige karakters sou suggereer en wat aan elkeen van sy stories ‘n diep menslike karakter gee. Hy stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.Nico kleur elke verhaal in met verrassende, glashelder, visuele tonele. Hy put ryklik uit die natuur en jy kan dit as’t ware sintuiglik ervaar deur sy fyn en raak beskrywings. Hy munt die skat van die Afrikaanse taal in ongewone, funksionele beskrywings; in die gebruik van idiome; metafore en vergelykings, en in ongewone woordkeuses. In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net ‘n genot om te lees!Lesers moet nie verwag om die tipiese tydskrifkortverhale in die bundel te lees nie. Sy verhale is in n klas van hulle eie; vir die fynproewer tot oneindige genot; vir voornemende skrywers ‘n literêre les. Vir ons ander? Lees self!Dankie Nico, vir jou kop vol stories; vir hierdie wonder-werk en dankie dat jy dit vir ons so mooi inkleur.Baie geluk met ’n pragtige bundel!Resensie deur Prof. dr. Gert van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP). Boekomslag foto / Front cover photo - award winning photographer David Heger (Czech Republic): http://www.photoheger.com/
More info →Oktoberkind
Dis 'n versameling gedigte wat 'n geskrewe rekord is van wie ek is wanneer die wêreld nie kyk nie.
More info →Eet is ‘n gewoonte
“Waarom het die diëte nie gewerk nie?”
Wel, diëte werk nie.
. Hierdie boek kan jou lewe permanent verander en sonder stres op pad na ʼn “nuwe jy” plaas. As jy regtig wil gewig verloor, is dit eintlik verstommend maklik. Almal kan dit doen!
Op Bacchus se knie
Die resepte in hierdie bundel bied die boer geleentheid om van beskadigde landbouprodukte of wat nie aan markvereistes voldoen nie, meer sinvol aan te wend deur daarvan wyn te maak. Een van die prosesse en ’n resep was deel van ’n Kwêla-program op Kyknet.
More info →Steppie lyk soos heuningwas
Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawer-asem grynslag – ’n satanpes. Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk? Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.
Kommentaar:
Gerhardus Lombard: Uitstekend, Nico Schamrel
Louise van Gass: Ongelooflike boek wat tot binne jou siel ruk. 'n Ware treffer boek.
More info →Die Griesels van Poespasvlei: Deel 1
Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei. Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste smoke chickens. Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn. Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?
More info →Verlore Verlede
'n Jong meisie en 'n soldaat word in 'n oorlogsituasie saamgegooi.Die onsinnigheid van standverskille wat families uitmekaar ruk. En iewers tussen-in, 'n klein dogtertjie met bolwangetjies: “Mamma, waar is my pappa dan?”
More info →Martjie se Ingelsman
Wat sal die koms van hierdie skip vir die Burger-familie van die plaas Steenbokfontein inhou?'n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?Soms moet 'n mens 'n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is 'n verhaal vol intrige.
More info →Tulpe vir Talina
In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.
More info →Oelie die uiltjie
’n Groot avontuur wag op hulle.
Uiteindelik is Oelie groot en hy begin met 'n splinternuwe avontuur.
Ai Oelie, wag vir my, ek wil jou storie lees!
Rooi papawers
Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.
ʼn Opdringerige verpleër en ʼn verdagte nag-ouditeur by ʼn hotel wek agterdog.
More info →Slay Your Pain Giant
Your pain giant may have been stalking you for months, years, or decades. Or he may have appeared in the flash of an exploding IED or in the crash of a car accident. Or he may have entered your life during the unexpected onset of an illness. Suddenly, he’s there. Maybe you don’t realize right away how big he is. Then you look up and he’s blocking out the sun. And you realize that you're going to have to kill him. But all you have is a sling and a handful of pebbles.
What now?
More info →Ruimteskip Celeste
Oor nog sowat vyftien minute behoort die vasteland van Amerika op die horison te verskyn, dink hy. Drie weke vakansie in Amerika!Jan is sewentien jaar oud en is saam met die ander tweehonderd-nege-en-veertig seuns en dogters in ‘n landswye kompetisie gekies vir hierdie toer. Hulle is almal knap skoliere in Wetenskap en Wiskunde. Die hoogtepunt van die toer is die bywoning, as spesiale gaste van NASA, van die lansering van ‘n ruimtetuig.
More info →Bangbroek Apie leer swem
Almal dink hy is 'n bangbroek. Maar toe hy sy maats help, word hy hulle held.
More info →‘n Storm is verby
Sy staar deur die swart ruit; haar arms om haar lyf gevou asof sy haarself wil beskerm teen die herinneringe. Dit is koud ook, maar sy klim nie terug in die bed nie. Markus is daar en haar verlede-gedagtes kan nie gedink word waar hy gesellig snork nie.
More info →Sewe Dae
‘Ek ... eintlik weet ek nie of jy moet nie.’ Haar stem is onvas. ‘Ek is bang ons ... bederf iets.’
Hy trek weg, rus sy arm op ‘n knie. ‘Jy is waarskynlik reg. Dit was net ‘n impuls. Jy is mooi, weet jy? Maar jy is soos ‘n oester – vervlaks moeilik om oop te maak.’
Sy vertrou nie haar stem nie en glimlag net sku.
‘Vertel my wat jy daar in jou skulp wegsteek,’ pleit hy byna.
Hoe moeilik is dit vir twee volwassenes om hulle lewenswyse te verander wanneer emosie opvlam en liefde wink? Is dit moontlik om binne sewe dae hoegenaamd seker te wees dat ‘n verhouding kan werk en dit die moeite werd is om ‘n blinde sprong te waag? Hoe weet enige mens wat die verskil is tussen verliefdheid en liefde?
Hagedisje Finds New Friends
Today he is outside early, and the sun is shining warmly in the garden. He sits on a rock, looking around if he can see an inhabitant to talk to, but everything is very quiet. He is sad. To play alone in the garden is no fun. He also doesn’t have brothers or sisters, and his Mommy is always afraid that the Big Ginger Cat will catch him.
Read about the adventures of the lovable little character in Anita Hamman's beautifully illustrated book 'Hagedisje.'
More info →Kepies op my Kierie
Toeval is eintlik beplan en liefde dra mens deur die lewe en ná die dood. Daar is ken en kén terwyl tyd vir ewig ʼn faktor is. Soms dink iemand hy weet, en dan … Die beloop van die lewe is buite ons beheer en die mistieke dra soms by tot verrassing en hoop vir die toekoms.
Lees oor lewenswaarhede met uitkomste wat die leser telkens verras. Lekker lees!
Accent Revive
He had, of course, been expecting her, having recognized her by the photo she had included in her Curriculum Vitae, so she smiled, doubting a little, “Mr...Collingwood..?”
“That's right. Sidney Collingwood. Of course everyone calls me Sid.”
“And I'm Theo,” she said, “I'm used to my name being shortened that way.”
They laughed and she couldn't help but notice his front teeth in a straight row; a mark of strength and tenacity, her father had said. She was thinking, I like your dove-grey eyes, Sidney Collingwood. It goes nicely with your silver hair.
More info →Vrou in die Spieël
Karin Nieuwoudt plaas haar passie, haar lewe en die hoogste standaard in poësie op die tafel voor Afrikaanssprekendes en Afrikaanslesendes oor die hele wêreld. Lees haar treffende en soms ontroerende gedigte — en lees hulle dan weer.
More info →Diere Avonture
Riempies die eendjie beleef wonderlike avonture op ʼn plaas, Lukas die mier soek na water se pad na die see en Kalvyn die hoenderhaantjie moet noodgedwonge leer vlieg. Wonderlike verhale vir kleuters en peuters en ouers om slaaptydstories te lees.
More info →Kinderland Rympies
Die sê-goed, prentjies en gediggies in Kinderland Rympies laat kleuters en peuters uit hul magies uit lag vir muise se manewales, ʼn kabouter wat saam met ʼn padda langs ʼn dam sit en vlieë vang en bye wat hul pootjies in stuifmeel was.
More info →