Steppie lyk soos heuningwas

Steppie lyk soos heuningwas

Van haar kosbaarste besittings is ’n prent van beeste, dagboeke en haar kansellap. Die mees kosbaarste van alles, meer as haar eie geluk – haar spesiale seun, Tos.

Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawer-asem grynslag – ’n satanpes. Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk? Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.

Kommentaar:

Gerhardus Lombard: Uitstekend, Nico Schamrel

Louise van Gass: Ongelooflike boek wat tot binne jou siel ruk. 'n Ware treffer boek.

Order Now!
About the Book

Gebaseer op ware gebeure en die verhaal van twee vroue. Die karakters in hierdie verhaal is gebaseer op onderhoude met verskeie persone.

Uittreksel:

Hy bly afkyk na die voete. Hy bedel nie. Hy vra nie vir geld nie. Hy staan net en kyk vir die voete en die voete vra hom vir sy kaartjies en sy sleutelringe en hy vat die geld en gee die voete hulle kaartjies en hulle sleutelringe. Hy werk. Hy bedel nie.

“Toe sing,” sê hy weer vir Kaalvoetklonkie.

“Ek ken nie van uie en tamaties nie. Ek ken net van Jesus loves me.” Hy kyk vir die oom met die kaartjies en die blink sleutelringe.

“Dan sing jy Jesus loves me.

Hy het seker vergeet hoe gaan die liedjie van uie en tamaties en nou kan hy hom ook nie help nie, want hy weet nie hoe die liedjie klink nie; hy het net die woorde gelees van uie en tamaties. Verflenterde kaalvoet klonkie, wat loop in die reën, met sy lelike skurwe tone …

Tos kyk vir die voete.

Daar loop trane oor sy wange, soos riviertjies wat kartel teen die kranse, stroompie trane, die heuwel wat huil. Hy het dit gelees.

Details
Author:
Genre: Roman
Illustrator: https://youtu.be/hSGDhlCdW6c
ASIN: B085K5V3V9
ISBN: 9798622987137
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Sign up for Updates
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
"Baie dinge uit my kinderjare en plekke waar ek gewoon het - soos Hogsback - het van my kortverhale beïnvloed. Daar is nie net hartseer in 'n mens se lewe nie - jy moet die juwele soek en dit gebruik."
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal By Mooirivier se brug wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy 'n benoeming - Chris Barnard Prys - vir sy kortverhaal, Kaggen. Dit is opgeneem in sy kortverhaalbundel, Prente in my kop.
RESENSIE - Engela: "In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net 'n genot om te lees!"
Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS - gebaseer op 'n ware verhaal en gebeure, het 'n paar jaar geneem om te skryf. Die verhaal het die skrywer diep geraak omdat soveel van die karakters gebaseer is op ware mense, bekend is aan hom.

Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterslid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
"God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is 'n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou."
Hy is betrokke by verskeie projekte, maar sy liefde vir skryf is onblusbaar. Nico is ook die skrywer van die enigste volledige handleiding vir opleiding in die gastebedryf en het so pas 'n handleiding vir selfpublikasie voltooi.
Nico is ook 'n grafiesekustenaar wat onder die etiket - NS Kreatiewe Ontwerp - omslae ontwerp vir boeke, asook materiaal vir bemarking. Besoek gerus sy webwerf: www.nicoschamrel.wordpress.com

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."