Sondebok Swartskaap

Sondebok Swartskaap

Wraak, liefde, sonde, verlange, oneerlikheid, hoogmoed, geheime en geloof – alles hou verband met mekaar en word deel van mekaar se lewe, reg of verkeerd.

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Só het elkeen sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.
Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.
Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.
Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

Order Now!
About the Book

‘n Kosbare ring en ‘n koevert met ‘n stewige bedrag verdwyn uit n motor se kompartement. Die verkeerde persoon word daarvan verdink. Daar is ook ander wat betrokke is by hieride diefstal. Die gevolge is wraak en beloftes wat nie almal nie na kom nie.

Lientjie Kleingeld bevind haar in situasies wat haar oneindig swes. Al die karakters het iets in gemeen en elkeen het sy eie geheime.

‘n Engel hou wag en luister na alles. Dit is juis die engel wat deur sommige teleurgesteld word, maar ander wat die engel verbly.

Bessie glo sy het ‘n minnaar, Ge Korsten, wie haar bemin – die plaasvervanger van haar eie man wat haar verlaat het. Cornelius en Markus hou almal bymekaar, terwyl Maria worstel met haar geloof – terselfdetyd hou sy wag oor haar man wat in ‘n koma is. \Barend Mathys is ‘n slagter wie gevoelens ontwikkel vir ‘n vrou wat deur diep waters is.

Wonderwerke gebeur, daarvoor sorg die engel en almal vind vrede op ‘n besondere manier. Maar daar is een persoon wat in die skaduwee verdwyn.

Romanse, intriges, teleurstellings en die soeke na wat reg is, is die hoof tema van hierdie besonderse boek. Dit stel die leser nie teleur nie.

Details
Author:
Genres: Drama, Roman
Format: Slapband / eBoek
Length: Volledige verhaal
ASIN: B08RJGTZ4X
ISBN: 9798588021029
Rating:

Endorsements
Interresaante karakters wat uitstekend saam geweef is in verskeie situasies wat jou boei en jou aandag aangryp. Die verskillende buitengewone milieus en situasies, trek die leser al nader aan die werklikheid. Dit speel af in die ou apartheid, maar bewys weereens dat daar meer menslikheid was as wat mens in die huidige Sid-Afrika ondervind. Die komedie op plekke is lig en breek die intense spanning.
– Johann M. Louw
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Sign up for Updates
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
"Baie dinge uit my kinderjare en plekke waar ek gewoon het - soos Hogsback - het van my kortverhale beïnvloed. Daar is nie net hartseer in 'n mens se lewe nie - jy moet die juwele soek en dit gebruik."
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal By Mooirivier se brug wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy 'n benoeming - Chris Barnard Prys - vir sy kortverhaal, Kaggen. Dit is opgeneem in sy kortverhaalbundel, Prente in my kop.
RESENSIE - Engela: "In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net 'n genot om te lees!"
Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS - gebaseer op 'n ware verhaal en gebeure, het 'n paar jaar geneem om te skryf. Die verhaal het die skrywer diep geraak omdat soveel van die karakters gebaseer is op ware mense, bekend is aan hom.

Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterslid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
"God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is 'n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou."
Hy is betrokke by verskeie projekte, maar sy liefde vir skryf is onblusbaar. Nico is ook die skrywer van die enigste volledige handleiding vir opleiding in die gastebedryf en het so pas 'n handleiding vir selfpublikasie voltooi.
Nico is ook 'n grafiesekustenaar wat onder die etiket - NS Kreatiewe Ontwerp - omslae ontwerp vir boeke, asook materiaal vir bemarking. Besoek gerus sy webwerf: www.nicoschamrel.wordpress.com

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."
Back to Top