Sewe Dae

Sewe Dae

‘Sal jy my verkwalik as ek jou soen?’ Sy stem is effe hees, sy mond so naby, dis moeilik om weg te kyk.

‘Ek ... eintlik weet ek nie of jy moet nie.’ Haar stem is onvas. ‘Ek is bang ons ... bederf iets.’
Hy trek weg, rus sy arm op ‘n knie. ‘Jy is waarskynlik reg. Dit was net ‘n impuls. Jy is mooi, weet jy? Maar jy is soos ‘n oester – vervlaks moeilik om oop te maak.’
Sy vertrou nie haar stem nie en glimlag net sku.
‘Vertel my wat jy daar in jou skulp wegsteek,’ pleit hy byna.
Hoe moeilik is dit vir twee volwassenes om hulle lewenswyse te verander wanneer emosie opvlam en liefde wink? Is dit moontlik om binne sewe dae hoegenaamd seker te wees dat ‘n verhouding kan werk en dit die moeite werd is om ‘n blinde sprong te waag? Hoe weet enige mens wat die verskil is tussen verliefdheid en liefde?

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genre: Roman
ASIN: B07Z2VL194
Order Now
Buy from Amazon Kindle
About the Author
Ronél Maré Dunn

Ronél Maré Dunn se liefde vir skryf begin reeds op skool en ontwikkel tot 'n lewenslange passie. In 1986 neem sy en 'n vriendin aan 'n M-Net draaiboekkompetisie deel en eindig met hul manuskrip onder die top deelnemers. Haar bydraes word deur Vrouerubriek en Siembamba uitgesaai, terwyl 'n aantal gedigte en kortverhale in tydskrifte en saamgestelde bundels verskyn. In April 1990 woon Ronél die eerste prosaskryfkursus vir die Kaap op Stellenbosch by, aangebied deur die PUHO onder leiding van prof. Hans du Plessis. Ronél woon en skryf in die skilderagtige kusdorpie Gordonsbaai, waar sy haar liefde vir literatuur uitleef as stigterslid en redakteur van die skrywersgroep Pendit.co.za.

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."