Nelie, my liefling

Nelie, my liefling

In die laat 1880's is die Jouberts en die Koekemoers bure in die boeregemeenskap van Nylstroom.

Faan Koekemoer is 'n ernstige, dog spontane jong man wie kan kies en keur onder die Boerenooiens, maar sy hart behoort aan Nelie. Nelie, die skugter dogter van Hendrik en Hetta Joubert, met haar bruin oë en vaal voshare. Vir Faan is hul liefde 'n uitgemaakte saak, maar op sewentien sukkel Nelie met die oorgangsjare van kindwees tot vrouwees. Nelie se grootste vyand is haar idealistiese idees oor liefde en haar onvermoë om haar gevoelens te verwoord.

Sheugnet Jones se roman 'Nelie, my liefling' bevat teer oomblikke en oomblikke van woede, van pret en plesier. Die karakters in 'Nelie, my liefling', is nie mense wat tussen die blaaie van hierdie uitdagende boek gaan luier nie; hulle klim daar uit en maak onverwags hul opwagting in die loop van jou dag.

Sheugnet Jones se 'Nelie, my liefling', is 'n historiese-roman vir elke Afrikaanse leser.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genre: Roman
ASIN: B08JQGHLZ6
ISBN: 9798689047218
Order Now
Buy from Amazon
Buy from Amazon Kindle
Sign up for Updates
About the Author
Sheugnet Jones

Die vermoë om te droom maak van Sheugnet Jones ʼn uitstaande en gewilde skrywer. In haar fiksieverhale is sy rou en eerlik op soek na die waarheid – die temas in haar boeke is dikwels slapende honde wat deur die breër Afrikaanse gemeenskap met rus gelaat word. Haar sterk karakters besit vrye wil en dikwels moet die skrywer hardloop om by te bly, om stilletjies af te luister. Sheugnet Jones en haar man het vyf kinders en meer as twee keer soveel kleinkinders. Haar wortels soek in die Verre Noorde van Suid-Afrika water, waar elke kleur ʼn skeutjie grys, bruin en vaal bevat. Haar grootste strewe is om die waarheid te ken en te skryf.

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."