‘n Storm is verby

‘n Storm is verby

Lorette voel die pyn en verlies. Seerder as wat doodgaan kan bring.

Sy staar deur die swart ruit; haar arms om haar lyf gevou asof sy haarself wil beskerm teen die herinneringe. Dit is koud ook, maar sy klim nie terug in die bed nie. Markus is daar en haar verlede-gedagtes kan nie gedink word waar hy gesellig snork nie.

Order Now!
About the Book

Uittreksel:

“Weet jy hoekom is ek nie gelukkig nie?” het hy vir die son gevra, maar nie gewag vir ‘n antwoord nie. “Omdat ek nog steeds na jou soek. Ek het probeer, maar ek kan jou in geen vrou vind nie.”

‘n Gelukkige, lewensblye jeug waarborg nie ‘n volwasse lewe van maanskyn en rose nie. Liefde het soms ‘n heel ander gesig as wat ‘n mens jou kan voorstel. En altyd is daar keuses…

Kommentaar:

Henning van Aswegen: ʼn Oulike, boeiende romantiek, raak so effens aan kontroversie en dit laat die leser dink, trek die leser in die storie in. ʼn Ietwat ongewone liefdesverhaal, maar fassinerend en hou leser se aandag geboei van eerste tot die laaste woord.

Details
Author:
Genre: Roman
ASIN: B07ZDGT2B5
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Sign up for Updates
About the Author
Ronél Maré Dunn

Ronél Maré Dunn se liefde vir skryf begin reeds op skool en ontwikkel tot 'n lewenslange passie. In 1986 neem sy en 'n vriendin aan 'n M-Net draaiboekkompetisie deel en eindig met hul manuskrip onder die top deelnemers. Haar bydraes word deur Vrouerubriek en Siembamba uitgesaai, terwyl 'n aantal gedigte en kortverhale in tydskrifte en saamgestelde bundels verskyn. In April 1990 woon Ronél die eerste prosaskryfkursus vir die Kaap op Stellenbosch by, aangebied deur die PUHO onder leiding van prof. Hans du Plessis. Ronél woon en skryf in die skilderagtige kusdorpie Gordonsbaai, waar sy haar liefde vir literatuur uitleef as stigterslid en redakteur van die skrywersgroep Pendit.co.za.

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."