Koster

Koster

Wie is Koster regtig? Selfs in hierdie rustigheid voel dit soms hoe die verlede hom wil inhaal.

Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want sy verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.

Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?

Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.

ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.

ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.

Order Now!
About the Book

‘n Man se verlede word herbesoek toe ‘n vrou ‘n poskaart na hom bring en na die graf van ‘n vrou navraag doen. Dit is verraad, kranksinnigheid en verdoeseling, manipulasie en leuens. Alles lei tot ‘n skokkende einde wat jou woordeloos laat.

Die leser word aan die raai gehou tot op die laaste.

Die skryfstyl is eg aan die skrywer en om hierdie boek neer te sit, is n onbegonne taak.

RESENSIE: Daleen Kotze (Vryskutjoernalis)

Details
Author:
Genres: Aksie / Action, Drama, Roman, Speur- en misdaad
Format: Slapband / eBoek
Length: Complete novel
ASIN: B08SHHQ5GZ
ISBN: 9798592209055
Rating:

Endorsements
Beslis die moeite werd om te lees - soos elke boek van hierdie skrywer. Koster is vol intriges wat jou hare laat regop staan. Die konsep van hierdie verhaal is uitstekend uitgedink en briljant geskryf.
– A. Haarhoff
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Sign up for Updates
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
"Baie dinge uit my kinderjare en plekke waar ek gewoon het - soos Hogsback - het van my kortverhale beïnvloed. Daar is nie net hartseer in 'n mens se lewe nie - jy moet die juwele soek en dit gebruik."
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal By Mooirivier se brug wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy 'n benoeming - Chris Barnard Prys - vir sy kortverhaal, Kaggen. Dit is opgeneem in sy kortverhaalbundel, Prente in my kop.
RESENSIE - Engela: "In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net 'n genot om te lees!"
Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS - gebaseer op 'n ware verhaal en gebeure, het 'n paar jaar geneem om te skryf. Die verhaal het die skrywer diep geraak omdat soveel van die karakters gebaseer is op ware mense, bekend is aan hom.

Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterslid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
"God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is 'n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou."
Hy is betrokke by verskeie projekte, maar sy liefde vir skryf is onblusbaar. Nico is ook die skrywer van die enigste volledige handleiding vir opleiding in die gastebedryf en het so pas 'n handleiding vir selfpublikasie voltooi.
Nico is ook 'n grafiesekustenaar wat onder die etiket - NS Kreatiewe Ontwerp - omslae ontwerp vir boeke, asook materiaal vir bemarking. Besoek gerus sy webwerf: www.nicoschamrel.wordpress.com

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."
Back to Top