
'n Volk wat verdruk en vermoor word is soos kant — elkeen wat sterf, laat 'n leemte wat nooit weer gevul kan word nie.
Order Now!About the Book
Die Kakies noem dit ‘n bell tent
Lyk vir hulle soos ‘n klok
Binne is dit ‘n heltent –
‘n ou rok, uitgesprei oor ‘n moddervloer
bo-op ‘n kakiekombers.
Die kinders noem dit ‘n hongertent,
Korsie skimmelbrood in die hand,
Bekertjie water om dit af te sluk.
Boetie verloor ‘n tand,
Hannie gee nie meer om nie
en staar met toe oë oor die land.
Die ou mense dink dis ‘n tabernakel –
gewy deur die dood van lammers.
Hulle prys die Heer; hul stemme bewe;
Bid soos oorle’e Oom Boet:
“Versterk ons in die dag van stryd
en dra ons deur die lewe . . .”
Die vroue noem dit niks, en ly.
Buite kom ‘n kissie verby.
Order Now
Sign up for Updates
Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."