Geagte Mej. de Kock,

Geagte Mej. de Kock,

Die biografie van ʼn sendeling – aangrypend neergepen deur ʼn bejaarde vrou wat haar jongmenslewe opgeoffer het om ander te help.

Hierdie is die oorspronklike geskrifte van Magdalena (de Kock) Steytler, wat verlore was en weer gevind is deur haar familie en oorhandig was aan die skrywer. Dit is waardevolle inligting wat as Africana Geskiedenis beskou kan word. Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit bevat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag.
Die samesteller en skrywer van hierdie boek bring graag welverdiende hulde aan Magdalena en George Steytler.

Order Now!
About the Book

Alhoewel hierdie die biografie is, soos neergepen deur Magdalena de Kock, is dit ‘n uitstekende verwerking van haar vertellings.

Magdalena vertrek as sendeling in 1919 na Malawi. Dit is erger as die wilde weste, gevaarlik ten opsigte van alles – roofdiere, inboorlinge en afgodery. Haar wedervaringe is ‘n avontuur sonder enige gerief, maar haar geloof is onwrikbaar.

Sy beskryf ook haar sorglose kinderjare en komiese situasies, asook haar eerste reis oorsee.

Details
Author:
Genres: Biografie / biography, Geskiedenis / History, Non-fiction / Nie-fiksie
Format: Slapband / eBoek
Length: Volledige verhaal
ASIN: B08QZNYBXB
ISBN: 9798583445387
Rating:

Endorsements
'n Prag stuk geskiedenis wat amper verlore was. Dit is 'n openbaring van hoe Afrika werklik was na Livingstone, maar ook 'n in diepte beskrywing waardeur sendeling moes worstel om die Woord te versprei. Dit handel nie net oor godsdiens nie, maar ook opvoeding en sorg, menseverhoudings en omgee vir jou medemens. 'n Moet lees!
– Colin Richard Horrmann (Familie-lid)
Book Club Resources
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Sign up for Updates
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
"Baie dinge uit my kinderjare en plekke waar ek gewoon het - soos Hogsback - het van my kortverhale beïnvloed. Daar is nie net hartseer in 'n mens se lewe nie - jy moet die juwele soek en dit gebruik."
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal By Mooirivier se brug wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy 'n benoeming - Chris Barnard Prys - vir sy kortverhaal, Kaggen. Dit is opgeneem in sy kortverhaalbundel, Prente in my kop.
RESENSIE - Engela: "In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net 'n genot om te lees!"
Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS - gebaseer op 'n ware verhaal en gebeure, het 'n paar jaar geneem om te skryf. Die verhaal het die skrywer diep geraak omdat soveel van die karakters gebaseer is op ware mense, bekend is aan hom.

Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterslid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.
"God gee jou talente as geskenk en daarmee moet jy woeker. Afrikaans is 'n wonderlike godgegewe taal. Ek skryf omdat dit my passie is, die liefde vir my taal en om saam met ander my moedertaal aan die lewe te hou."
Hy is betrokke by verskeie projekte, maar sy liefde vir skryf is onblusbaar. Nico is ook die skrywer van die enigste volledige handleiding vir opleiding in die gastebedryf en het so pas 'n handleiding vir selfpublikasie voltooi.
Nico is ook 'n grafiesekustenaar wat onder die etiket - NS Kreatiewe Ontwerp - omslae ontwerp vir boeke, asook materiaal vir bemarking. Besoek gerus sy webwerf: www.nicoschamrel.wordpress.com

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."
Back to Top