Die Heilige Koeie se moe

Die Heilige Koeie se moe

Die Heilige Koeie se moe is ʼn bundel vol onheilige gedagtes. Dit vra waaroor moe die Heilige Koeie nou weer.

Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees? Hoekom is daar kinders en wat moet mens met hulle doen? ESKOM? Hoekom? Net. Hoekom? Daar word verduidelik hoekom kamp die duiwel se oorkussing is. En nog vele meer.
Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. Selfs al het sy ma hom gewaarsku dat hy nie mag vloek nie, glip daar elke nou en dan die vreeslikste lelike woorde uit. Die boek is nie bedoel vir puriste, kwaai tannies, fyngevoelige Magriete of Heilige Koeie nie. Ons kan vir mekaar lag of ons kan huil. Hierdie boek bewys dat lag altyd beter is as huil.

Order Now!
About the Book

UITREKSEL UIT DIE BOEK:

Fortuner Tannies

Ek sien hulle in die oggende as ek verby die laerskool ry. Die Fortuners is so in ʼn laer getrek in die parkeerarea voor die skool. Hulle het almal gymklere aan – nee, nie sweetpakke nie. Sulke stywe ski- pantgoeters, met matching brands, van die skoene tot bo by die toppie. Gewoonlik Reebok, maar blykbaar is Adidas ook aanvaarbaar. Geen normale boeretannie lyk so nie. Nee, nee. Hierdie girls is almal rietskraal en het waarskynlik jare laas ʼn hamburger en chips gesien. Anyway, gymklere aan en gemake-up. Moet ons nou dink julle is op pad gym toe of kom van die gym af? Met ʼn gemake-upde (my oud-Afrikaanse juffrou moet daai woord sien – ek sweer sy gee my ʼn plathand teen die oor!) gesig wat jy straks in ʼn Vogue magazine gaan sien. En moenie die string goue bangles vergeet nie – hou ook die Suid-Afrikaanse mynindustrie aan die gang op hulle eie. Klink ook sommer soos ʼn wind-charm soos sy met die arms beduie. Hulle staan in sulke groepies en chat, elkeen met ʼn waterbottel in die hand. Hulle flous egter niemand nie. Ons weet almal dis Vodka. Waaroor chat hulle, wonder ek? Is dit regte mammas? Het iemand al gesien of hulle actually kinders uit die Fortuners laai?

Details
Author:
Genre: Komedie / Comedy
Format: Slapband / eBoek
Length: Kort Sketse
ASIN: B08PW55PB3
ISBN: 9798578814365
Rating:

Endorsements
Briljante komedie, fyn beskryf en goed geskryf. Lanklaas het ek so lekker gelag! As daar 'n skrywer is wat kan raakvat wanneer dit kom by 'n opinie lig, dan is dit beslis Riaan.
– Nico Schamrel (Skrywer)
Order Now
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Sign up for Updates
About the Author
Riaan Palmer

Riaan Palmer het jare gelede as ʼn baba in Potchefstroom te voorskyn gekom, en na ʼn paar onverklaarbare en vreemde gebeure, in Pretoria beland. Hier maak hy voltyds asof hy iets weet van die inligtingstegnologiebedryf. Agter toe deure is hy egter ʼn skrywer wat berugtheid verwerf het as blogger op Facebook, wat gal braak oor, onder andere, tannies in Fortuners, ooms wat lelik sit en mense wat te vroeg opstaan. Ondanks sy totale minagting van alle taal- en spelreëls, wen hy verskeie literêre pryse, maar of dit nou weens administratiewe foute was, sal mens nooit weet nie.

PRESTASIES:
2019 - 3de Plek, Chris Barnard Toekenning
2019 & 2020 - INK , skrywer van die jaar
2019 - Afrifiksie top 5 skrywers

Preview
Disclosure of Material Connection: Some of the links in the page above are "affiliate links." This means if you click on the link and purchase the item, I will receive an affiliate commission. I am disclosing this in accordance with the Federal Trade Commission's 16 CFR, Part 255: "Guides Concerning the Use of Endorsements and Testimonials in Advertising."
Back to Top