
Sy is gebore en getoë in Douglas in die Noord-Kaap, maar woon tans in Port Alfred in die Oos-Kaap. Haar passies is skryf, skilder, naaldwerk en sy geniet die buitelewe. Wanneer sy soggens wakker word, die son sien, die voëls hoor kwetter, besef sy sy is oorvloedig geseënd – sy leef! Die lewe self, en die alledaagse mens in sy soeke na liefde en geluk, inspireer haar om te skryf.
Agter donker wolke
Jana, enkelma van klein Rudi, is moeg om elke dag in vrees te lewe en is desperaat om alle bande met Ben en haar donker verlede te verbreek.
Kaptein Alwyn van Deventer raak in die tussentyd verlief op die mooi, beskeie Jana. Sy verloofde, die vurige rooikop, Gerda du Toit, voel bedreig en haat en jaloesie verteer haar. Sy delf diep in Jana se geheimsinnige verlede en ontdek ’n paar skokkende feite…
More info →Muggie en die ysterman
Ná haar liefdesteleurstelling sweer Muggie dat sy nooit weer ’n man sal vertrou nie. Sy word veel eerder ’n oujongnooi – sy het mos haar kat, Skatlik, vir geselskap. Maar dan kom trek ʼn aantreklike buurman in met sy steekhaarbrak en sy ysterperd en die herrie breek los tussen hulle. Om haar lewe nog meer gekompliseerd te maak, hoor Muggie uit die bloute van Bertie en wil hy haar na al die maande weer terug hê.
More info →