Santi Kruger

Santi Kruger woon tans in Stilfontein Noordwes. Skryf en dig is en was nog altyd haar passie. Sy is 40 jaar oud, ‘n tuisteskepper en entrepreneur. Vorige publikasies: Vlinders – Roman, uitgegee deur Mecs Publishing. Verskeie kortverhale verskyn in bundels by SA Skrywers, asook kinderverhale en gedigte. Sy is tans betrokke by ‘n liefdadigheid projek waar verskeie skrywers en digters se verhale en gedigte saamgevat is in een bundel, Spore van Genade. Die bundel is vir bewusmaking van armoede, verslawing en mishandeling. Die opbrengs uit die verkope van die bundel, word vir die bewusmaking aangewend. Twee van haar Manuskripte word ook tot films verwerk, naamlik Vlinders en Masquerade.

Kaleidoskoop

Kaleidoskoop

Nostalgiese gedigte oor die lewe se soet en suur, maklik en moeilik, liefde en emosies - met ʼn gesonde skeutjie humor en satire. Santi Kruger se Kaleideskoop ontgin die lewe se bedekte skoonheid, vertolk weemoedigheid met humor en sien hier en daar die jammerte van die lewe raak. Haar gedigte ontbloot klein waarhede subtiel en maak die leser se lewe oneindig ryker.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon