Ronél Maré Dunn

Ronél Maré Dunn se liefde vir skryf begin reeds op skool en ontwikkel tot ‘n lewenslange passie. In 1986 neem sy en ‘n vriendin aan ‘n M-Net draaiboekkompetisie deel en eindig met hul manuskrip onder die top deelnemers. Haar bydraes word deur Vrouerubriek en Siembamba uitgesaai, terwyl ‘n aantal gedigte en kortverhale in tydskrifte en saamgestelde bundels verskyn. In April 1990 woon Ronél die eerste prosaskryfkursus vir die Kaap op Stellenbosch by, aangebied deur die PUHO onder leiding van prof. Hans du Plessis. Ronél woon en skryf in die skilderagtige kusdorpie Gordonsbaai, waar sy haar liefde vir literatuur uitleef as stigterslid en redakteur van die skrywersgroep Pendit.co.za.

‘n Storm is verby

‘n Storm is verby

Author:
Genre: Roman

Sy staar deur die swart ruit; haar arms om haar lyf gevou asof sy haarself wil beskerm teen die herinneringe. Dit is koud ook, maar sy klim nie terug in die bed nie. Markus is daar en haar verlede-gedagtes kan nie gedink word waar hy gesellig snork nie.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Sewe Dae

Sewe Dae

Author:
Genre: Roman

‘Ek ... eintlik weet ek nie of jy moet nie.’ Haar stem is onvas. ‘Ek is bang ons ... bederf iets.’
Hy trek weg, rus sy arm op ‘n knie. ‘Jy is waarskynlik reg. Dit was net ‘n impuls. Jy is mooi, weet jy? Maar jy is soos ‘n oester – vervlaks moeilik om oop te maak.’
Sy vertrou nie haar stem nie en glimlag net sku.
‘Vertel my wat jy daar in jou skulp wegsteek,’ pleit hy byna.
Hoe moeilik is dit vir twee volwassenes om hulle lewenswyse te verander wanneer emosie opvlam en liefde wink? Is dit moontlik om binne sewe dae hoegenaamd seker te wees dat ‘n verhouding kan werk en dit die moeite werd is om ‘n blinde sprong te waag? Hoe weet enige mens wat die verskil is tussen verliefdheid en liefde?

More info →
Buy from Amazon Kindle