Riaan Palmer

Riaan Palmer het jare gelede as ʼn baba in Potchefstroom te voorskyn gekom, en na ʼn paar onverklaarbare en vreemde gebeure, in Pretoria beland. Hier maak hy voltyds asof hy iets weet van die inligtingstegnologiebedryf. Agter toe deure is hy egter ʼn skrywer wat berugtheid verwerf het as blogger op Facebook, wat gal braak oor, onder andere, tannies in Fortuners, ooms wat lelik sit en mense wat te vroeg opstaan. Ondanks sy totale minagting van alle taal- en spelreëls, wen hy verskeie literêre pryse, maar of dit nou weens administratiewe foute was, sal mens nooit weet nie.

PRESTASIES:
2019 – 3de Plek, Chris Barnard Toekenning
2019 & 2020 – INK , skrywer van die jaar
2019 – Afrifiksie top 5 skrywers

Die Heilige Koeie se moe

Die Heilige Koeie se moe

Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees? Hoekom is daar kinders en wat moet mens met hulle doen? ESKOM? Hoekom? Net. Hoekom? Daar word verduidelik hoekom kamp die duiwel se oorkussing is. En nog vele meer.
Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. Selfs al het sy ma hom gewaarsku dat hy nie mag vloek nie, glip daar elke nou en dan die vreeslikste lelike woorde uit. Die boek is nie bedoel vir puriste, kwaai tannies, fyngevoelige Magriete of Heilige Koeie nie. Ons kan vir mekaar lag of ons kan huil. Hierdie boek bewys dat lag altyd beter is as huil.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Back to Top