Louise van Gass

Ek is tans woonagtig in Stellenbosch. Ek het groot geword in Pretoria, getroud en het twee seuns.
Na skool het ek my Nasionale Diploma in Sekretarieel by Technikon Pretoria gaan studeer. Ek het ’n paar jaar gewerk by prokureurs. Ek het ook gaan studeer vir ñ bloemis en so drie jaar troues gedoen. Musiek is ook deel van my lewe, viool en klavier is my passie.
Van ’n jong ouderdom wou ek altyd graag ’n storie skryf. Ek besef ek lees baie boeke, veral liefdesverhale en daarom besluit ek om ’n liefdesverhaal te skryf – ek is ook ’n baie liefdevolle mens. Nou het ek so baie idees dat ek net wil stories skryf.
Intussen is ek besig met my tweede verhaal. Ek het aangesluit by PENdit.za, ter bevordering van Afrikaanse verhaalkuns. Die slypskool gedoen en baie geleer.
Ek hou baie van natuurlike dinge met geheime en ver plekke waar mense nog nie was nie, geheimsinnige plekke met misterieuse gebeure en die toorkuns rondom die plekke. Ek glo aan ware liefde en wil hê dat die lesers prente in hul koppe moet vorm oor dinge wat ek sal skryf. Dit is heerlik om karakters te kies en hulle lewe te gee.
Ek beplan om die skryf van lang- en kort verhale vol te hou en is baie opgewonde oor wat die toekoms vir my inhou. Hoop die wêreld sien my raak en ervaar wat ek wil hê hulle moet ervaar met die lees van my verhale en dat almal betower sal word met ñ sensasionele einde.

Schönland

Schönland

Author:
Genre: Roman

Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen. Sy voer ‘n innerlike stryd met haarself elke keer as hy verdwyn, maar die verbintenis tussen hulle twee is te sterk. Sy ontdek spoedig dat sy ‘n geheim met haar saam dra. Intussen sterf Cindy se pa en oom Lance kom help haar met Schönland. Alex du Randt, die sjarmante vriend van skool tyd af, help haar met haar geheim. Ongelukkig ontwikkel hy ‘n obsessie met haar en verloor beheer. Brett is die enigste een wat daarin slaag om vernuwing in Cindy se lewe te bring. Sy lewe word egter bemoeilik wanneer Alex hom uitoorlê. Brett vlug weer berge toe om genesing te gaan soek en los vir Cindy alleen op sy plaas. Cindy se hart word donker. Sal sy vir Brett weer in haar lewe toelaat of nie? Haar verlossing sal kom van die een wat haar liewer het as Brett Macpherson, en dit is haar pa.

More info →
Buy from Amazon
Buy from Amazon Kindle