Lana Hitge

“Wie is ek?” vra jy my: Nee wat, jong – ek is sommer maar net gewoonweg ‘Lana Hitge’ – die mamma van twee baie lewendige amper-tieners. Daar is wel diegene onder my kennisse wat my as effens mallerig (dis nou met permissie gesê) sal beskryf. Maar dit is seker oor ek vreeslik sukkel om ‘in-die-boks’ te leef. My aanslag tot die lewe is waarskynlik maar so ʼn bietjie anders as Jan Alleman sʼn … hoekom dan nie? Dis dalk juis my kreatief-wees wat vir my ʼn foto-album tjokvol anderste, maar spesiale, onthou-goeters besorg het. Onthou-goeters wat my eie en vele ander mense op aarde se lewens met ʼn lieflike nuwe kleur inkleur. ʼn Foto-album vol onthou-goeters wat stapels lekkerlees griffels geïnspireer het – en steeds inspireer.

My moer-by bundel

My moer-by bundel

Verhale wat jou laat lag, verhale wat jou laat wonder, verhale wat jou laat huil. Vandaar die titel ‘My moer-by bundel’. Want hierdie verhale-mengelmoes weerklink uit ‘n moer-by tydperk in my eie lewe. Vir my persoonlik eggo die tyd toe my eie lewensintriges iets van alles bevat het - soos ‘n moer-by mengelslaai - dwarsdeur die bundel. En soos wat sommige van die verhale gevlek is met die moerbei-sap van menslike waansin, het my eie moerby-era se moerbei-sap my ook nie vlekkeloos gelaat nie.

More info →
Buy from Amazon
Buy from Amazon Kindle
Back to Top