Johann Bredell

Jacobus Johannes Koekemoer, alombekend as Koekies, is op 21 April 1938 te Johannesburg gebore. In 1967 verwerf hy die Graad M.B.Ch.B by die Universiteit van Pretoria, en was deel van die eerste groep militêre mediese studente wat deur die SA Weermag ingeneem is. Hy was dan ook die heel eerste Mediese dokter om die Graad van M.B.Ch.B in Uniform te ontvang. In 1991 verwerf hy die John Chard Medalje en Dekorasie van die S.A.W.

Johan se fyn sin vir humor en talent vir storie vertel het gelei tot boekies, Die Ruimteskip Celeste (1982) en Die Oorlewendes (1983), geskryf vir die ouderdomsgroepe 10 – 14 jaar. Ruimteskip Celeste is ook later as ‘n vervolgverhaal deur die SAUK op radio uitgesaai.

Johann se afsterwe op 28 Augustus 1994 laat ‘n groot leemte in die lewens van almal wat hom geken het.

Ruimteskip Celeste

Ruimteskip Celeste

Oor nog sowat vyftien minute behoort die vasteland van Amerika op die horison te verskyn, dink hy. Drie weke vakansie in Amerika!Jan is sewentien jaar oud en is saam met die ander tweehonderd-nege-en-veertig seuns en dogters in ‘n landswye kompetisie gekies vir hierdie toer. Hulle is almal knap skoliere in Wetenskap en Wiskunde. Die hoogtepunt van die toer is die bywoning, as spesiale gaste van NASA, van die lansering van ‘n ruimtetuig.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon