Hazell Schoeman

Kinderverhaalskrywer, Hazel Shoeman, skryf en illustreer kinderstories omdat sy glo almal het ‘n storie om te vertel: “Ek skryf stories om kinders se lewens te verbeter en te verander.” Hazel publiseer in 2018 Petrus die huisvlieg en in 2019 haar digbundel Engelvlerk. “Die inspirasie vir my stories is elke dag rondom ons – die geheim is om alledaagse stories op ʼn spesiale manier aan kinders te vertel.”

Diere Avonture

Diere Avonture

Riempies die eendjie beleef wonderlike avonture op ʼn plaas, Lukas die mier soek na water se pad na die see en Kalvyn die hoenderhaantjie moet noodgedwonge leer vlieg. Wonderlike verhale vir kleuters en peuters en ouers om slaaptydstories te lees.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Kinderland Rympies

Kinderland Rympies

Die sê-goed, prentjies en gediggies in Kinderland Rympies laat kleuters en peuters uit hul magies uit lag vir muise se manewales, ʼn kabouter wat saam met ʼn padda langs ʼn dam sit en vlieë vang en bye wat hul pootjies in stuifmeel was.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Fielies die Reënboog Volstruis

Fielies die Reënboog Volstruis

Fielies probeer stadig opstaan, maar die eier rol hom onderstebo en hy val plat op sy bas in die stof. Die eier beland op sy kop, alles word donker en die arme kuiken weet nou nie meer waar hy is nie.
En so begin die lewe van Fielies, die reënboog volstruis …

More info →
Buy from Amazon Kindle