Elsabe Welman

Elsabé is ‘n plattelander van geboorte (kleine Makwassie).
Sy was ʼn onderwyser, later dosent aan die destydse Technikon Pretoria waarna ander beroepe gevolg het.
Skryf is ‘n deeltydse passie. Elsabé skryf sedert 2014. RYK ARMGAT is in 2015 gepubliseer. Afrifiksie wys haar aan as wenner van die 2016 Afrikaanse Jeugfantasie met die kortverhaal DIE ZINBALIPOORT, en in 2017 weer met GIFGOLWE in dieselfde kategorie. Haar roman, FILTERVLINDER, is in 2017 aangewys as naaswenner in Malherbe Uitgewers se roman kompetisie.
Elsabé se werk word geken aan ʼn kombinasie van romanse en spanning in ’n maklike en boeiende skryfstyl.

#vlugenterug

#vlugenterug

Author:
Genre: Roman

Ten midde van bisarre en lewensgevaarlike besluite deur ʼn outoritêre owerheid op die afgeslote Lekuta-eiland, droom Munnik Roux oor ʼn toekoms saam met sy rissiepit Amina Jansen in #perspaleis. Die Jansen-gesin en Amina se beurt ontketen ‘n gewaagde vlugplan in ‘n defekte vliegtuig, ʼn gevaarlike stryd om oorlewing en ʼn herontmoeting met ʼn oënskynlike vervelige jongman, Zoop Viljoen. Elsabé Welman se avontuur, #vlugtenterug, weef ʼn tere liefdesverhaal met ʼn spanningsdrama uit die hoogste rakke.

More info →
Buy from Amazon
Buy from Amazon Kindle