
Gebore Namakwalander te Springbok op 13 Augustus 1952, maar grootgeword in Namibia. Die skryfliefde was en is deur al sy lewensjare teenwoordig. Dries is ook betrokke by radio Tygerberg waar hy een maal per week bevoorreg is om ʼn Christelike praatjie elke Saterdag om half sewe aan te bied onder die title “Dagbreek met Dries.” Hy hou homself tans besig met houtwerk en tuismaakwyne en skryf.
Eet is ‘n gewoonte
“Waarom het die diëte nie gewerk nie?”
Wel, diëte werk nie.
. Hierdie boek kan jou lewe permanent verander en sonder stres op pad na ʼn “nuwe jy” plaas. As jy regtig wil gewig verloor, is dit eintlik verstommend maklik. Almal kan dit doen!
Op Bacchus se knie
Die resepte in hierdie bundel bied die boer geleentheid om van beskadigde landbouprodukte of wat nie aan markvereistes voldoen nie, meer sinvol aan te wend deur daarvan wyn te maak. Een van die prosesse en ’n resep was deel van ’n Kwêla-program op Kyknet.
More info →