Chantel Vergotine

Chantel Vergotine is afkomstig van die dorpie Ceres in die Kaapse Wynland en distrikte. Sy is gebore ‘n maand na die legendariese groot aardbewing op Ceres.
Haar liefde vir die Afrikaanse taal het eintlik op laerskool begin. Daar was sy in mnr. Ernest Lintnaar se klas, destyds standerd 4. Sy onthou spesifiek die gedigte klas. ‘Die Ruiter van die Skimmelperdpan’ en ‘Die Ossewa’ sal sy nooit vergeet nie. Mnr. Lintnaar was baie passievol wanneer hy dit vir hulle voorgelees het, en net daar het die gogga haar gebyt. Chantel is tweetalig, maar skryf hoofsaaklik in Afrikaans.
Haar seun, Justin Isaacs, is ‘n grafiese ontwerper en doen van haar illustrasies. Die ander persoon wat van haar illustrasies doen is Joseph Zekoe, ‘n bekende in die kunste in Chantel se omgewing.

Lewenssketse: ‘n Digbundel

Lewenssketse: ‘n Digbundel

Die gedigte is ook ryk aan metafore, waarin die see, die aarde, die liefde en die dood sterk figureer.

More info →
Buy from Amazon Kindle