Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak ‘n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, ‘n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Woordslag

Woordslag

Author:
Genre: Essay

van ’n vreemde wese in die woestyn tot ’n man met ’n valskerm wat gesien word, maar nie gehoor nie; van ’n towerlegkaart wat ’n nuwe toekoms wys, tot by ’n romanse wat in Shakespeare se teater tot wasdom kom. Hierdie bundel belowe 'n warrelwindtoer een keer om die aarde en twee keer deur ’n stel alternatiewe realiteite wat jou woordeliks sal ráák slaat.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Verlore Verlede

Verlore Verlede

Author:
Genre: Roman

'n Jong meisie en 'n soldaat word in 'n oorlogsituasie saamgegooi.Die onsinnigheid van standverskille wat families uitmekaar ruk. En iewers tussen-in, 'n klein dogtertjie met bolwangetjies: “Mamma, waar is my pappa dan?”

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Martjie se Ingelsman

Martjie se Ingelsman

Author:
Genre: Roman

Wat sal die koms van hierdie skip vir die Burger-familie van die plaas Steenbokfontein inhou?'n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?Soms moet 'n mens 'n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is 'n verhaal vol intrige.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Tulpe vir Talina

Tulpe vir Talina

Author:
Genre: Roman

In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.

More info →
Buy from Amazon Kindle
Buy from Amazon
Oelie die uiltjie

Oelie die uiltjie

’n Groot avontuur wag op hulle.
Uiteindelik is Oelie groot en hy begin met 'n splinternuwe avontuur.
Ai Oelie, wag vir my, ek wil jou storie lees!

More info →
Buy from Amazon Kindle
Kepies op my Kierie

Kepies op my Kierie

oeval is eintlik beplan en liefde dra mens deur die lewe en ná die dood. Daar is ken en kén terwyl tyd vir ewig ʼn faktor is. Soms dink iemand hy weet, en dan … Die beloop van die lewe is buite ons beheer en die mistieke dra soms by tot verrassing en hoop vir die toekoms.
Lees oor lewenswaarhede met uitkomste wat die leser telkens verras. Lekker lees!

More info →
Buy from Amazon
Buy from Amazon Kindle
Die nag toe die Maan geval het

Die nag toe die Maan geval het

Sal hy regtig val? Katryntjie kyk en kyk. Sy weet mos hoe die maan moet lyk. Maar nou is die maan propvol. Sal hy uit die hemel rol? Die venster oop, sterre skyn. Elkeen, tot die fynste fyn, die skoonheid wat die hemel bied. En Katryn? Sy sing haar lied!
Hierdie besonderse verhaal sal enige kind se hart steel. Dit weergee die onskuld van kindwees met besonderse illustrasies.

More info →