Afrikaanse Skrywers se Werk vir Jou Kindle of Foon

Hasepad Uitgewers maak Afrikaanse boeke beskikbaar op Amazon.com, vir aflaai na jou Kindle toe. Hoewel die pryse in Dollars aangegee word, is hulle baie billik. Ons wil hê almal moet Afrikaanse boeke vir hulle Kindles (of selfone, of iPads, of vir die Kindle toep op jou PC of Mac) kan bekostig. Kom kuier gerus by ons Facebook tuiste, of by ons maatjies by Pendit.co.za.

As jy ‘n voornemende skrywer of digter is wat graag by Hasepad wil publiseer, kom loer gerus na ons Kontakvorm waar jy solank kan begin inligting aanstuur.

Lusmaker vir kinders: Kinderboekskrywer, Marna Thompson se nuwe skrywe, Die Avonture van Spikkie en Spokie – DIE FIETS, is so pas gelaai! Die Fiets is die vierde boekie in Marna Thomson se gewilde reeks oor die avonture van Spikkie en Spokie. Vir kinders is dit moeilik om goeie maniere aan te leer – die alternatief is ‘n lekker verbeeldingsreis saam met Spikkie en Spokie en al hul avonture om goeie maniere aan te leer.

Klik op haar skakel hieronder vir meer inligting.

Die Kollig:

Martelize Faber het ‘n nuwe boek uit! Al wat ek het, is Woorde. Hierdie bundel is ‘n samestelling van kortverhale, gedigte en skryfsels deur Martelize Faber, wat nou vir die eerste keer saam in een bundel opgeteken is. Vir oud en jonk en almal.
Die storie agter hierdie bundel is iets besonders.
Moenie Al wat ek het, is Woorde misloop nie.


Bets Koen het ‘n nuwe kinderhaal vrygestel. ‘n Prag stukkie werk! Die nag toe die Maan geval het, sal enige jong hart aangryp.SINOPSIS: Kyk na die hemel daarbo. Hy is altyd daar, so wil ons glo. Die maan, ’n groot ronde bal. Sal hy regtig val? Katryntjie kyk en kyk. Sy weet mos hoe die maan moet lyk. Maar nou is die maan propvol. Sal hy uit die hemel rol? Die venster oop, sterre skyn. Elkeen, tot die fynste fyn, die skoonheid wat die hemel bied. En Katryn? Sy sing haar lied!


Nico Schamrel het ‘n nuwe komedie vrygestel. Die Griesels van Poespasvlei maak ‘n plan as die lewe druk met komiese nagevolge. Daar is ook die erns en die stofstorm wat in elkeen se lewe woed. Van struggle en suffer kan jy die Griessels niks vertel nie. Myn-blaster Frik blaas alles op; as dit nie die stock car No. 10 is nie, is dit die brug op die N2. Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei. LEKKERLEES, LEKKERLAG!


Hartlik welkom aan ‘n nuwe skrywer op die Hasepad!

Yolanda Wessels sluit by die Hasepad aan met ‘n Gidsboek wat enige katliefhebber sal geniet: The Ultimate Cat Guide. Hierdie boek is deeglik, propvol inligting en feite waaroor min kateienaars beskik of van weet. Die boek is in drie dele gedeel met illustrasies en foto’s. Weet jy hoekom jou kat se ore plat is of hoekom die punt van sy stert wikkel? Hierdie boek word beslis met trots aanbeveel.

Welkom, Yolanda Wessels. Ons hoop ons het jou nog baie jare op die Hasepad.

 

Alfabetiese indeks (volgens van) van skrywers (klik om te besigtig):

Johann Bredell | Elsabé de Beer | Dries de Kock | Ronél Maré Dunn | Martelize Faber | Magdalie Grobler | Anita Hamman | Bets Koen | Santi Kruger | Lasja Lessing | Karin Nieuwoudt | Nico Schamrel | Hazell Schoeman | Anna Schonfrucht | Marna Thompson | Henning van Aswegen | Urte van der Watt | Tersia van der Westhuizen | Gerhard Venter | Chantel Vergotine | Yolanda Wessels

Johann Bredell

Terug boontoe


Elsabé de Beer

Terug boontoe


Dries de Kock

Terug boontoe


Ronél Maré Dunn

Terug boontoe


Martelize Faber

Terug boontoe


Magdalie Grobler

Terug boontoe


Anita Hamman

Terug boontoe


Bets Koen

Terug boontoe


Santi Kruger

Terug boontoe


Lasja Lessing

Terug boontoe


Karin Nieuwoudt

Terug boontoe


Nico Schamrel

Terug boontoe


Hazell Schoeman

Terug boontoe


Anna Schonfrucht

Terug boontoe


Marna Thompson

Terug boontoe


Henning van Aswegen

Terug boontoe


Urte van der Watt

Terug boontoe


Tersia van der Westhuizen

Terug boontoe


Gerhard Venter

Terug boontoe


Chantel Vergotine

Terug boontoe


Yolanda Wessels

Terug boontoe